OUDTSHOORN SPORT NUUS - Die 17-jarige William van Tonder was Saterdag die wenner van die 207de Oudtshoorn-parkrun by Surval Boetiek-olyflandgoed met 'n nuwe persoonlike beste tyd van 18 minute 49 sekondes.
Christo du Plessis van die Howick-atletiekklub was tweede met sy tyd van 21 minute 42 sekondes met Heinrich Boje (21:44) wat in die derde plek geëindig het.
Estee Coetzee van Ayrodynamic Runners was die eerste vrou oor die eindstreep met haar tyd van 25 minute 8 sekondes.
'n Egpaar van Kuruman, Morné en Liza Oosthuizen het Saterdag albei hul 50ste parkrun in Oudtshoorn voltooi.
Morné en Liza Oosthuizen het albei Saterdag hul 50ste parkrun in Oudtshoorn voltooi.
Saterdag se voorste 10 drawwers
William van Tonder (18:49)
Christo du Plessis (21:42)
Heinrich Boje (21:44)
Francois Verwey (23:09)
Herman du Preez (24:51)
Estee Coetzee (25:08)
Tarren Jullies (25:09)
Jacques Jacobs (26:25)
Albertus Kennedy (27:21)
Jeanne Oosthuizen (27:31).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'