OUDTSHOORN NUUS - Die 17-jarige William van Tonder het Saterdag nog 'n parkrun-sege agter sy naam geskryf toe hy die 295ste Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed met 'n vinnige tyd van 19 minute en 55 sekondes gewen het.
Yaron Venter was kort op sy hakke met 'n tyd van 20 minute en 15 sekondes met die 14-jarige Stiaan van Wyk in die derde plek met sy puik tyd van 22 minute 39 sekondes.
Tarren Jullies was die vrouewenner. Henry Carstens het Saterdag sy 250 ste parkrun in Oudtshoorn voltooi. Hy spog egter met 251 met een wat hy langs die Weskus gehardloop het.
Die tien voorste drawwers:
- William van Tonder (19:55)
- Yaron Venter (20:15)
- Stiaan van Wyk (22:39)
- Francois Verwey (23:00)
- Heinrich Boje (24:26)
- Pieter Gers (24:38)
- Amani Clase (24:48)
- Callan du Plessis (25:05)
- Tarren Jullies (25:30)
- Richard Mc Dougall (25:49).
Conrad en Tarren Jullies.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'