OUDTSHOORN NUUSFLITS - Laerskool van Reede het Vrydagaand hul binneshuise hokkiebaan amptelik geopen.
Ses wedstryde tussen die eerste o.13-seuns en -dogters spanne van Laerskool Beaumont, Laerskool Hermanus en Laerskool Van Reede, is gespeel om die baan amptelik te open.
Die wedstryde was ook die opening van die Van Reede-sportnaweek wat die afgelope naweek plaasgevind het.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'