Toutrek is in 2013 vir die eerste keer as sport by die skool beoefen. Botes en Jordan was twee ywerige groentjie-afrigters met weinig kennis van die sport. Beide het egter in 'n betreklike kort tyd opgang in SWD-toutrekkringe gemaak om as beamptes te kwalifiseer wat op provin-siale vlak diens lewer.