OUDTSHOORN NUUS - Die Union Spurs-netbalklub het verlede Saterdag 'n reünie by De Bakke-strandwoonstelle in Mosselbaai gehou.
Die klub is in 1986 deur 'n paar jong vroue gestig nadat hulle 'n behoefte aan meer netbaltoernooie en ontwikkeling in die groter Oudtshoorn gesien het.
Volgens een van die lede van die klub, Marilyn Meyer, is hierdie dames nog steeds betrokke in die plaaslike gemeenskap met netbal hetsy in afrigting, of ontwikkeling.
Meyer sê dat die afgelope naweek se byeenkoms baie spesiaal was omdat dit opgedra is aan die destydse bestuurslede soos Maria (Wikkie) May, Deidré Wagenaar, Cynthia Micheals, Gregory Andries, wat reeds oorlede is.
Die reunie was vanaf 6 tot 9 Augustus en kersseremonie vir hierdie lede het die Sondag plaasgevind.
Die klub het oor die jare verskeie SWD-spelers opgelewer en was een van die beste klubs in die streek. Volgens Meyer is die klub tans nie meer aktief nie, maar is daar planne in die pyplyn om die klub weer op die been te bring.
Foto: Reagan Africa
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'