OUDTSHOORN NUUS - Die gesiggestremde rolbalkampioenskap wat van 30 Mei tot 2 Junie by die Oudtshoorn-rolbalbane plaasvind, is groter as aanvanklik verwag is.
Met 47 gesiggestremdes en hul helpers, sal daar nou ook 37 persone met fisiese gestremdhede vanaf 27 Mei tot 2 Junie van oor die land heen aan die SA kampioenskap vir persone met gestremdhede deelneem.
Volgens Alewyn Hanekom, woordvoerder vir die Oudtshoorn-rolbalklub, is die aanduiding dat 131 persone met gestremdhede en hul helpers deelneem.
Deelnemers wat nou ook aan die kampioenskap gaan deelneem, sluit in rolbalspelers in rolstoele en ander wat ledemate verloor het.
Hanekom het Oudtshoorniete gevra om die unieke kampioenskap saam te geniet.
Lees 'n vorige artikel: Gesiggestremde rolbaltoernooi op Oudtshoorn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'