OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn skole het goed presteer in die nasionale trompoppiekampioenskappe in Oos-Londen.
Volgens inligting wat Ronald Presher, SWD- hoofbeoordelaar, aan die Oudtshoorn Courant gestuur het, het Laerskool Van Rheede (Griffies) ‘n algehele 5de plek in die Large-Drill-afdeling ingepalm.
In die Small-Drill-afdeling, het dié span ‘n algehele 6de plek gekry.
Sacred Heart het ‘n 12de plek in die Large-Drill-afdeling gekry.
In die Small-Drill-afdeling vir hoërskole, het Hoërskool Oudtshoorn ‘n algehele 8ste plek verwerf terwyl hulle dieselfde posisie in die Large-Drill-afdeling kon inpalm.
Hier is die finale uitslae van ons plaaslike laerskole:
Pom Non Prop
- Van Reede (6de plek)
- Sacred Heart (10de plek)
Mace Group
- Van Reede (7deplek)
- Sacred Heart (10de plek)
Flag Group
- Van Reede (7de plek)
Baton Group
- Van Reede (4de plek)
- Sacred Heart (14de plek)
Hier is die finale uitslae van ons plaaslike hoërskole:
Pom Non Prop
- Hoërskool Oudtshoorn – (9de plek)
Mace Group
- Hoërskool Oudtshoorn – (8ste plek)
Flag Group
- Hoërskool Oudtshoorn – (9de plek)
Baton Group
- Hoërskool Oudtshoorn – (8ste plek)
- Bridgton Sekondêr – (11de plek)
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'