OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Vaardigheidskool se toutrekspanne het vandeesweek nuwe truie van Chatz Connect, Van der Berg Vervoer en Volmoed Quarries ontvang.
Oudtshoorn Vaardigheidskool is vanjaar die gasheer van die SA toutrekkampioenskappe wat vanaf 8 tot 9 Maart op die skool se sportterrein sal plaasvind.
In die middel, van links is Gavin Block (prinsipaal van Oudtshoorn Vaardigheidskool), Mornè Tome (Chatz Connect) en Hugo van der Berg (Van der Berg Vervoer en Volmoed Quarries).
Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'