OUDTSHOORN NUUS - Veertien van die land se beste hitsmotor-renjaers sal op Saterdag 16 Junie, op die Oudtshoorn-ovaalbaan in aksie wees as deel van die The Best vs Rest Hotrod Tour.
Die topdrie SA renjaers Dylan Nel, Bryan Grimbeeck en Nicky Koegelenberg sal ook aan die wedrenne deelneem.
Behalwe die besoekende deelnemers sal die plaaslike renjaers ook in hulle onderskeie klasse deelneem. Teen Dinsdag 12 Junie het bykans 70 renjaers aangedui hulle gaan deelneem.
Die toer, The Best vs Rest Hotrod Tour, begin reeds vandag, Vrydag 15 Junie op George-ovaalbaan.
In George sal die hekke vandag om 10:00 oopmaak en die renne begin om 15:00. Môre sal die Oudtshoorn-ovaalbaan se hekke om 15:00 open. Die renne sal om 19:00 begin.
Toegangsgeld is R60 vir volwassenes en R20 vir kinders by beide renne.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'