OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Vaardigheidskool was vanjaar weer die gasheer vir die Timbercity Interstreek-toutrekkampioenskappe wat Saterdag vanaf 07:00 tot 16:00 by dié skool se sportterrein plaasgevind het. Timbercity was die hoofborg van die dag.
Die streke wat deelgeneem het was Eden en Overberg en was deur die volgende skole verteenwoordig:
Hoër Landbouskool Oakdale, Van Kervel Skool, Hoërskool Calitzdorp, Shalom Akademie, Study House, Oudtshoorn Vaardigheidskool, Hoërskool Swellendam, Swellendam Senior Sekondêr, Suurbraak, Bontebok Primêr, Lancewood Primêr, Laurus, Laerskool Swellendam, VRT Pitt, Buffeljagsrivier, Kranshoek Primêr, Laerskool Heidelberg en Laerskool Herbertsdale.
Hierdie skole het in verskillende gewigs-afdelings vanaf 280 kg kaalvoet tot by die 600 kg stewels gekompeteer. Die kaalvoet-laerskoolleerders het elkeen 'n sertifikaat vir deelname ontvang.
Tydens hierdie kampioenskap is daar ook 'n Eden-toutrekspan gekies.
Skole wat weer uitstaande resultate gelewer het was Hoër Landbouskool Oakdale, Die Valkies (Oudtshoorn Vaardigheidskool), Bontebok Primêr, Laerskool Buffeljagsrivier en Suurbraak Primêr.
Dieselfde byeenkoms vind weer op Saterdag 5 Maart in Swellendam plaas.
Hoër Landbouskool Oakdale
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'