OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die TimberCity-fietswedren sal op 17 Oktober in Oudtshoorn plaasvind.
Volgens een van die organiseerders, Corné Bence, is dit die enigste gekeurde fietswedren waar ryers vir volgende jaar se Cape Town-fietsrytoer kan kwalifiseer.
Bence sê dat hoë profiel-afgevaardigdes van die Wes-Kaapse departement kultuursake en sport, Oudtshoorn-munisipaliteit en Cape Cycle Tour teenwoordig sal wees.
Twee van Baron van Reedestraat se rybane sal vanaf 06:00 tot 13:00 vanaf Kleinplaas-vakansieoord tot by Boulders Lodge and Spa gesluit wees.
Die oorblywende twee bane sal steeds oop wees vir verkeer.
Die organiseerders doen 'n beroep op toeriste en inwoners om verdraagsaamheid aan die dag te lê. Volgens Bence is daar drie professionele spanne vanaf Kaapstad en agt SA-kampioene wat reeds hul bywoning bevestig het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'