Die SWD-span het meegeding teen provinsiale spanne van regoor die land. SWD was die algehele wenner van die byeenkoms. Volgens Corné Botha, padvoorsitter van die SWD-fietsryassosiasie is dit voorwaar ‘n uitstekende prestasie wat daarop neerkom dat die SWD Junior fietsryspan die SA kampioene was tydens die byeenkoms.
Hy noem ook dat hierdie tipe fietsry-jeugfeeste ‘n unieke samestelling van die spanne vereis.
Volgens Fietsry Suid-Afrika moet so ‘n span bestaan uit damesryers, voorheen benadeelde ryers asook ryers buite die genoemde groepe. Tydens die Oktober vakansie gaan die SWD Junior fietsryspan hulle titel tydens die tweede jeugfees by die Gariepdam verdedig.
Die SWD-fietsryers bedank die Oudts-hoornmunisipaliteit vir hul finansieële ondersteuning.

SWD o.12 Fietsryspan. Voor: Luciano Stander, Marco La Grange. Agter: Riaan Fortuin, Darren Crafford, Anrich Stander, Ashleigh Paarson. (Saam met die span verskyn ook ‘n verteenwoordiger van die borg, Standard Bank)

SWD o.16 Fietsryspan. Voor: Daniel Hodgson, Corne Bence, Hanneke van Rooyen. Agter: Keeran Aries, Marshall Hendriks, Rico Bence.

SWD Junior fietsryspan. Voor: Ruan Munn, Roberto Mouton, Chimone Lewis, Michelle van der Sandt.. Agter: Gerrit Loodts, Andre van Vuuren, Gereldo Plaatjies, Nathan Hodgson.
Foto’s: Dries van Vuuren