OUDTSHOORN NUUS - Die waarnemende burgemeester, Noluthando Mwati, het gisteraand die Suid-Afrikaanse tafeltenniskampioenskappe by die De Jager-sportkompleks amptelik oop verklaar.
In 'n simboliese gebaar het sy 'n groen lint onder luide applous van die skare en spanne teenwoordig geknip.
Altesaam 9 provinsies van regoor Suid-Afrika tesame met Botswana neem deel aan die toernooi wat vanoggend 09:00 by die De Jager-sportkompleks begin en Saterdag (28 September) eindig.
Links in die foto is Garshen Williams, voorsitter van die Eden tafeltennis federasie. By hulle is twee spelers wat die Eden-tafeltennisspan verteenwoordig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'