OUDTSHOORN NUUS - Drie studente verbonde aan die Pro Academy-dansskool op Oudtshoorn het gedurende die skoolvakansie aan die Model- en Talent-ekspo in Dallas, Texas deelgeneem.
Ian de Wit het 'n eerste plek in die Model Runway Commercial-kategorie behaal en 'n derde plek in die tiener dans-kategorie.
Marné de Wit het eerste in die Junior dans-kategorie geëindig en Nickay Jackson het tweede in die Junior dans-kategorie gekom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'