Die o.14-netbalgroep het gewys dat daar hierdie seisoen rekening gehou moet word aangesien hulle al hul wedstryde gewen het. Tellings: 19-2 vs Porterville; 15-12 vs Paarl Girls' High; 21-1- vs Schoonspruit en 26-4 vs Dirkie Uys.
Die SKFD o.19A Struisie Eerstespan het hul wedstryd teen die sterk Worcester Gimnasium met 28-12 gewen.
Luther du Toit is as die speler van die dag aangewys.
_551905044.jpg)
Struisies se seëvierende o.14-netbalspan is voor van links: Tammerone Jumar, Amanda Duvenage, Amber Matheus en Miné Graaff. Agter staan Kamwa Tsekela, Anique Wolmerans, Atthea Janse van Rensburg, Lilla Terblanché en Carla van Zyl. Afwesig: Thalia Bothma en Alida Louw (afrigter) Foto verskaf