OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool Oudtshoorn (Struisies) en die Hoërskool Overberg van Caledon (Ovies) se sportspanne (rugby, hokkie en netbalspanne) het verlede Saterdag op Struisies se tuisveld teen mekaar kragte gemeet as deel van dié twee skole se nuwe interskole-tradisie wat vanjaar begin het.
Hoërskool Oudtshoorn sal volgende jaar na Hoërskool Overberg reis as deel van die twee skole se ooreenkoms om die tradisie vir die volgende twee jaar op die proef te plaas.
Die wedstryde het voorafgeloop met 'n skaak- en ’n redenaarskompetisie.
Struisies se o.19A-rugbyspan (19-14) het Saterdag teen hul eweknieë van Ovies met die louere weggestap, terwyl hul seuns o.18A (3-1) en meisies o.18A-hokkiespanne ook koning gekraai het.
Twee dogtershokkiespelers ding mee om die bal.
Struisie-rugbyspeler in aksie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'