OUDTSHOORN NUUS - Twee Struisie-netbalspelers het gedurende die vakansie aan die All Ages netbal-toernooi in Boksburg deelgeneem.
Beide het o.18-Wes-Kaapse netbalspanne verteenwoordig.
Anique Wolmarans se Willows Wes-Kaapse span was vierde en Carla van Zyl se Cedars Wes-Kaapse span agtste. Nog 'n oud-Struisie, Thalia Bothma, was in die Noord-Kaap Diamonds-span.
Anique Wolmerans is weer onder die top-35 o.18 spe-lers van die toernooi.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'