Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Voormalige Springbok-rugbyspelers, Ashwin Willemse, Breyton Paulse en Kabamba Floors, asook Jeremy Fredericks (SuperSport-aanbieder en sportkommentator) het vir groot vermaak gesorg met Eljada-Kairos se manne-aand en jaarlikse gholfdag.
Die manne-aand is Donderdagaand 15 Maart in die banketsaal aangebied, met al vier die sportpersoonlikhede teenwoordig.
Saterdag het Willemse aan die skool se gholfdag deelgeneem. Die gholfdag is deur Desmond Malgas en Chloe Malgas-Kelpin (48 punte) gewen. C Janse van Rensburg en A Kotze (46 punte) het die tweede plek losgeslaan, terwyl Chris Smit en Piet Swanepoel (45 punte) geëindig het. Ses en tagtig spelers het aan die dag se gholf deelgeneem.
Tydens die manne-aand het Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, Eljada-Kairos skoolhoof geloof vir die feit dat hy met baie spesiale kinders werk. Sylvester het bygevoeg dat die skool se finansiële behoefte baie groot is en sakelui gevra om hulle te help.
Baartman het gesê die hoofdoel van die manne-aand en gholfdag is om geld in te samel vir die skool se kinders wat aan nasionale sportweke gaan deelneem.
Kyk 'n video hieronder:
Willemse het die belangrikheid van sport beklemtoon en gesê: "Dit bring gemeenskappe bymekaar." Hy het die gaste geloof vir die entoesiasme waarmee hulle aan die manne-aand en gholfdag deelneem. "Julle is besig om waarde tot ander se lewens toe te voeg. Die saad wat julle hier plant, word op vrugbare grond geplant."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'