HOCKEY NUUS - Laerskool Van Reede bied hierdie naweek die tiende keer die Wilck Spar-sportnaweek op hul tuisvelde aan.
Vanaand (11 Augustus) is ook die opening van hul binnenshuise hokkiebaan, waar ses wedstryde van 18:40 tot 21:05 sal plaasvind.
Die binnenshuise deelnemende hokkiespanne is Laerskool Van Reede, Laerskool Beaumont en Laerskool Hermanus se o.13-seuns en -dogters. Daar sal ook spanne in ouderdomsgroepe van o.10 tot o.14 op die ander velde deelneem.
Nog ses ander skole gaan in die hokkie-, rugby- en netbalwedstryde meeding.
Vanaand se verrigtinge begin om 18:00. Die trompoppies se non-prop/pom-pom groep gaan ook by die geleentheid optree.
Saterdag is dit die rugby- en netbalspanne se tyd. Die oggend skop af met ‘n optrede deur die trompoppies om 08:30. Daarna speel al die rugby- en netbalspanne wedstryde.
Die laaste wedstryd eindig om 13:00.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'