TUINROETE NUUS - Die bekende voormalige Springbokrugbyspeler en TV-aanbieder Ashwin Willemse kuier hierdie naweek in Mosselbaai.
Willemse sal sy boek Rugby changed my world: The Ashwin Willemse Story hier kom bekendstel vanaf 1-3 Februarie.
Sy program sluit in die bywoning van 'n rugbywedstryd tussen Progress en Brixton in George op 1 Februarie, asook 'n radio-onderhoud op HeartBeat FM en Eden FM.
Op 2 Februarie kan Mosselbaaiers uitsien om Willemse by die Mosselbaai Mall te ontmoet vanaf 10:30. Hy sal ook 'n middagete geniet saam met sportlui in Mosselbaai waarna hy die middag in Groot-Brakrivier sal bywoon vir 'n rugby-derby tussen die tuisspan en Barbarians.
Die wenners van hierdie wedstryd speel vir die Ashwin Willemse-wisseltrofee, asook 'n R3 000-kontantprys. Willemse is ook die gasspreker by 'n sportdinee die aand aangebied deur MicFin en die Mosselbaai-munisipaliteit.
Op Sondag, 3 Februarie besoek Willemse die AGS Greenhaven in Groot-Brakrivier, asook die Lighthouse Assemblies of God-gemeente.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'