OUDTSHOORN NUUS - Mandeladag is op Lategansvlei by die Stadion An der Alten Försten 2 gevier. Die vieringe het gepaard gegaan met die bouwerk aan 'n vlugbalbaan vir opkomende sportmanne en -vroue in dié landbougemeenskap.
Die eienaar van die grond, Dario Urbanski, die Oudtshoorn munisipale raad se speaker, Julia le Roux-Krowitz, die plaaslike gemeenskap en ander gaste het tydens die werksessie gebraai en lekker saam gekuiers.
Die nuwe vlugbalbaan word langs Urbanski se sokkerstadion, Stadion An der Alten Försten 2, langs Urbanski se sokkerstadion gebou.
Drie Duitse gaste, Henrik Bode, Christian Schumacher en Julia Steube, het ook by die groep aangesluit en help werk aan die baan.
Le Roux-Krowitz het Urbanski bedank vir sy diens aan die gemeenskap en gesê: "Hy is iemand wat nie vir homself vat nie, maar vir ander gee."
Worsrolletjies word aan almal uitgedeel met die vieringe van Mandeladag op Lategansvlei.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'