Gallery
HESSEQUA NUUS - De Waalville Primêr het Saterdag 28 Mei vir die eerste keer sedert die Covid-19-pandemie ‘n baie sukses- en genotvolle sportdag aangebied.
Die dag se verrigtinge, wat rugby en netbal ingesluit het, is ook deur drie ander skole, Slangrivier en Melkhoutfontein Primêr, asook Hoërskool Albertinia, ondersteun.
Die vroulike opvoeders van die gasheerskool het ook hul vaardighede op die netbalbaan gewys.
Prinsipaal Ralph Jacobs was die aankondiger vir die dag.
FOTOGALERY: De Waalville Primêre Skool hou sportdag
Die o.9-rugbyspan van De Waalville het Slangrivier ore aangesit tydens hul wedstryd.
Die groep opvoeders van De Waalville het die netbalbaan aan die brand gespeel
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'