OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse Eden-sportafrigterswerksessie word op Saterdag 20 Oktober by die Eden-distrikssportakademie by die De Jager-sportkompleks op Oudtshoorn deur die afrigterskomitee van die Eden-sportraad aangebied.
Registrasie is van 08:30 tot 13:30.
Die tema is ‘Beplanning vir sportprestasies op topvlak’ en is vir afrigters van alle sportsoorte, van laer- tot hoërskool, asook senior klubs, en diegene wat op provinsiale en nasionale vlak betrokke is.
Verskeie bekende geleentheidsprekers sal optree. Die klem sal val op beplanning van oefenprogramme, evaluering van sportprestasies, hoe om op nasionale vlak by kampioenskappe te presteer en hoe 'n afrigter sy eie daaglikse taak kan evalueer.
Spoed in programmering sal ook hanteer word met 'n variasie tussen teorie en praktyk.
Registrasie vir die werksessie kan deur die Eden-sportraad by sportcouncil.eden@gmail.com of deur Abrie de Swardt by abriejdeswardt@gmail.com gedoen word. Of bel hom by 072 348 1961.
Registrasiegeld per persoon beloop R50 tot Dinsdag 16 Oktober en R75 per persoon daarna.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'