OUDTSHOORN SPORTNUUS - Na 'n maand lange stilstand van alle sportsoorte is daar weer welkome verligting vir sportliefhebbers.
Volgens die nasionale vlak 3-regulasies word sportaktiwiteite, insluitend profes-sionele en nie-professionele wedstryde deur erkende sportliggame toegelaat.
In gevalle van onsekerheid moet belanghebbendes hul onderskeie federasies kontak vir leiding.
Die Wes-Kaapse minister van sport en kultuur, Anroux Marais, het 'n beroep op sportliggame gedoen om veilig te bly en die toepaslike veiligheidsriglyne na te kom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'