OUDTSHOORN NUUS - Die informele Oudtshoorn-sportkomitee het verlede Vrydag hul eerste indaba by die Thusong-sentrum gehou waar hul bestuur gekies is.
Die komitee se doel is om deur middel van sport misdaad te bekamp.
Hulle beoog ook om verskillende sportkodes op die oop vlakte-spasies aan te bied. Van links is Phillip Seroux (projekbestuurder van die ODN-GPF), Rosetta Delport, Katriena Booysen, Patrick Blaauw (voorsitter van die ODN-GPF) en Jonathan Serfontein. Agter: Bino Jackson, Ashwill Duba en Jean Lucas.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'