OUDTSHOORN NUUS - 'n Suksesvolle Sport against Crime-sportdag is verlede Vrydag op Lategansvlei gehou.
Hierdie sportdag het in samewerking met die Oudtshoorn-polisie en die plaaslike departement van sosiale ontwikkeling plaasgevind.
Altesaam 90 kinders van Volmoed en Lategansvlei het deelgeneem aan dié dag se sportaktiwiteite wat vlugbal, sokker en landloop ingesluit het. Morkel Boshoff, adjudant-offisier van die Oudtshoorn-polisiestasie, het in sy toespraak beklemtoon dat sport 'n goeie manier is om betekenis aan kinders se lewe te gee.
Hy het ook die kinders aangemoedig om dwelms en geweld teen alle koste te vermy. Twee ere-gaste vanaf Duitsland (Berlyn), Reinhard en Sylvia Gasch, het die sportdag bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'