OUDTSHOORN SPORTNUUS - Twee broers van Oudtshoorn, Sarel en Hans Nel, was lede van die Eden-snoekerspan wat onlangs in 'n driehoektoernooi in George met die louere weggestap het.
Eden het die toernooi met 'n totaal van 43 punte gewen met die span van Nelson Mandelabaai wat in die tweede plek met 41 punte was.
Cape Winelands het in die derde posisie met 24 punte geëindig.
Die Eden-snoekerspan is van links: Eugene Swartz, Sarel Nel, Hans Nel, Suzelle (vir Gert Rademeyer), Deon Floris en Leroy Swarts. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'