LADISMITH SPORTNUUS - André Smit en die Van Vollenstee-egpaar, Lorraine en Vollie, het die afgelope naweek die Ladismith-rolbaltoernooi by die plaaslike rolbalklub gewen.
Die toernooi is goed deur spanne van Oudtshoorn en Riversdal ondersteun.
Dit wou op 'n stadium lyk of die reën 'n bedreiging sou inhou, maar genadiglik het die reën vir eers weggebly.
Die spanne van Oudtshoorn het op die dag skoonskip gemaak.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'