SUID-KAAP NUUS - Bergfietsryers kan nou vir 'n nuwe bergfiets-byeenkoms, die Ostrich Kick Mtb en trail run, inskryf.
Die renne begin en eindig op 16 September by die Gereformeerde Kerk, op die hoek van Parkweg en Oranjestraat, Oudtshoorn. Dit maak deel uit van die eerste Volstruisfees, wat ook op die perseel sal plaasvind.
Vir die drawwers is daar 'n 9 km-roete uitgemerk, terwyl bergfietsryers in 'n 17-, 38- of 55 km-ren kan deelneem. Al die renne word deur Jakhals Events aangebied.
Registrasie is reeds oop en kan aanlyn by www.cycleevents.co.za of http://jakhalsevents.wixisite.com gedoen word, of kontak Corné Botha (074 260 2871) of Stephanie Botha (084 089 4223).
Laat inskrywings kan op Vrydag 15 September (16:00 tot 18:00) of Saterdag 16 September (06:30 tot 07:30) by die wegspringpunt gedoen word.
Vir meer inligting oor die Volstruisfees kan u vir Christo Vermaak (082 788 4933) kontak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'