OUDTSHOORN NUUS - Grebé's-skopboksklub het op 24 Februarie aan die Battle of the Karoo-skopbokstoernooi by die De Jager-sportkompleks deelgeneem.
Die groep van 29 vegters het uitstekend gevaar Agtien is in die Eden-span opgeneem wat op Saterdag 10 Maart aan die Wes-Kaapse kampioenskappe in Hermanus gaan deelneem.
Ranger Grebé het Dinsdag gesê, "Ons sien uit na 'n jaar van groot oorwinnigs en nuwe kampioene."
Klublede wat goue medaljes verower het:
Jaco Pretorius, Frikkie Pretorius, Jayden du Plessis, Anando Olivier, Divan Rademeyer, Wian Grebé, Andrea Poyana, Michelle Minnie, Ben Greeff, Megan Grebé, Sempai JD Glinister, Jacquine Strydom, Ali Nait-Saidi, Audan Olivier en Divan de Wet.
Grebé's-skopboksklub se lede.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'