Die kampioenskap het van 29 Oktober tot 3 November plaasgevind. Ses internasionale skopboksliggame in meer as 100 lande het aan die wêreldkampioenskap deelgeneem. Daar was meer as 6 000 inskrywings.
Die vier studente van Grebe het in die ope afdelings van drie komponente deelgeneem. Die komponente staan as 'points fighting', 'continuous light kickboxing' en 'low kick light kickboxing' bekend.
Al vier die skopboksers het met medaljes huis toe gekom, waarvan drie brons en goud is. Die goue medalje ('low kick light' - meisies 13/14/15 onder 55 kg ope) is deur Mine Graaff verower, terwyl Heinz Guder ('low kick light' - seuns 13/14/15 onder 63 kg), Dawid Blom ('continuous light kickboxing' senior mans onder 84 kg) en Hannes van Schalkwyk ('low kick light' junior seuns onder 69 kg) elk 'n bronsmedalje ontvang het.
Die vier skopboksers met die medaljes wat hulle in Italië verower het. Links: Heinz Guder, Dawid Blom, Hannes van Schalkwyk en Mine Graaff.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'