Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale het die afgelope Saterdag die meeste medaljes met die Eden-toutrekkampioenskap ingepalm.
Die kampioenskap, geborg deur Oudtshoorn Timbercity, het op die Oudtshoorn Vaardigheidskool se sportterrein plaasgevind, waar tien skole meegeding het.
Die Oakdale-spanne het soos volg presteer: 560 kg (goud, silwer en brons), 600 kg (silwer), 400 kg (goud en brons), 480 kg (goud en silwer) en 520 kg (goud, silwer en brons).
Ander skole wat podiumposisies by die byeenkoms behaal het is:
Van Kervel Skool George: 480 kg seuns (brons), 440 kg dogters (silwer en brons), 520 kg dogters (silwer), 520 kg gemeng (silwer) en 480 kg dogters (silwer).
Calitzdorp: 400 kg seuns (silwer) en 440 kg seuns (goud en brons).
Ladismith Shalom Akademie: 440 kg dogters (goud), 520 kg dogters (goud), 520 kg gemeng (goud) en 480 kg dogters (goud).
Die kampioenskap, geborg deur Oudtshoorn Timbercity, het op die Oudtshoorn Vaardigheidskool se sportterrein plaasgevind, waar tien skole meegeding het.
Wittedrift Hoërskool Plettenbergbaai: 520 kg dogters (brons), 520 kg gemeng (brons) en 480 kg dogters (brons).
Die spanne is besig met voorbereiding vir die SA kampioenskap wat op 23 en 24 Maart in Kimberley plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'