OUDTSHOORN NUUS - Shaun Boshoff, 'n gr. 10-leerder van Langenhoven Gimnasium, een van Oudts-hoorn se jongste sterkmanne, het op 27 Julie die Afrika-rekord vir dooie gewig gebreek.
Hy het aan die ASU SA Log en Deadlift-kampioenskappe by die Extreme Bulldogs Fitness Centre in Worcester deelgeneem. Hy het meegeding in die junior mans o.18-afdeling en het die Silver Dollar Deadlift aangepak.
Hier het hy gemaklik die dooie gewig van 340 kg opgetel en sodoende 'n nuwe Afrika-rekord vir o.18's opgestel. Hy het ook die nie amptelike wêreldrekord gebreek, maar volgens hom moet dit nog bevestig word.
Shaun Boshoff spog met sy sertifikate. Foto: Liezl van Niekerk
"Dit is weggestuur sodat daar bepaal kan word of iemand in die wêreld 'n swaarder gewig as ek in hierdie kategorie opgetel het, maar dit neem gewoonlik baie lank om te bepaal," vertel hy trots.Volgens hom het hy verlede jaar begin met gewigoptel as sport. My stiefpa, Shane Jensen, 'n bekende SA sterkman, het my geleer en help ook met my afrigting.
Shaun vertel dat hy naweke oefen by Eden Fitness, en in Oudtshoorn oefen hy by die skool se gimnasium.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’