OUDTSHOORN NUUS - Die uitvoerende hoof van The United Karate Federation of South Africa (UKFSA), senpei Henry Paulse, het tydens die sportfees karatekas, afrigters en administrateurs vereer vir hul harde werk om die sport se naam hoog te hou.
Op die vooraand van SA interprovinsiale karatetoernooi op Oudtshoorn, het Paulse Donderdagaand 21 Junie by 'n glansfunksie by Headlines Restaurant 'n uitgelese groep mense wat by karate betrokke is, toegespreek.
Die toernooi het Vrydag 22 en Saterdag 23 Junie plaasgevind. "Ons is vanaand hier omdat ons in die spore van karate-ikone staan. Dis ons plig om karate te bevorder en geleenthede skep vir almal en nie net 'n paar mense om by die sport betrokke te raak nie."
Hy het 'n pleidooi gelewer dat karate nie deur politici bestuur moet word nie. "Ons moet dit self bestuur," het hy gesê.
Paulse het sy tevredenheid uitgespreek met die standaard van die deelnemers, soos in hulle aansoeke weergegee.
Die jongste deelnemer was Ambrose Carelse (5) en die oudste, Cornelissen Swartz (58).
Deelnemers het meegeding in tradisionele karate vol kontak en skopboks.
Senpei Henry Paulse tydens sy toespraak by Headline Restaurant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'