ROLBAL NUUS - Twee lede van die Mosselbaai SAPD het uitsonderlike prestasies gelewer by die pas afgelope nasionale polisie-rolbaltoernooi, wat van 5 tot 9 Junie in Port Elizabeth beslis is.
Joanne Meyer het 'n gouemedalje in die vroue drie's, brons in die vroue pare, en brons in die vroue enkelspel verower.
Sersant Zakes Salemane het uitgeblink ín die afdeling vir mans en het met silwer medaljes in beide die mans viere asook die mans pare die toernooi mee afgesluit.
Sers Salemane het ook brons in die enkelspel verwerf. Beide is ook opgeneem in die SAPD se nasionale rolbalspan.
Sersant Zakes Salemane
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’