OUDTSHOORN NUUSFLITS - Booi Salman was Saterdag weer die eerste oor die eindstreep in die 143ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olive Estate, met 'n vinnige tyd van 18 minute.
Die 18-jarige Louis Burger was tweede met 'n tyd van 19 minute 58 sekondes en Greens Groenewald in die derde plek met 'n tyd van 22 minute 12 sekondes.
Die 14-jarige William van Tonder was vierde met 'n tyd van 23 minute en ook weer die eerste junior oor die wenstreep.
Louis Burger het tweede klaargemaak.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO'S: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'