Volgens David McKinnon, voorsitter van die Oudtshoorn Amateur Atletiekklub en lid van die Vryburgers het 20 meer spanne ingeskryf as verlede jaar.
Hy noem dat daar al soveel as 80 spanne aan die aflos deelgeneem het.
Baron van Reedestraat was tussen 18:00 en 19:15 gesluit vir die aflos wat oor 8 km (stappers) en 12 km (drawwers) gestrek het.
Inskrywingsgeld wat betaalbaar is word deur die Vryburgers aangewend vir een van die vele gemeenskapsprojekte en voedingskemas wat hulle in Oudtshoorn bedryf.
Volgens McKinnon word die aflos ook aangebied om die Vryburgers te bemark en om ‘n goeie gees tussen besighede te kweek.
Die wenspanne van die aflos is as volg:
Mans: Saag Jonker Familietrust (40 min)
Dames: Survivor (55:28)
Gemeng: Run for life (48:49)
Besigheid: Sweaty Snakes (42:41)
Hoërskole - seuns: Gimnasium (43:38)
Hoërskole - meisies: Struisies (56:11)
Laerskole - seuns: Bergsig (46:32)
Laerskole - meisies: Hi Mom (Wesbank)(59:43)
Stap: Turbo’s (44 min)
Lede van die Hi Mom-span van Laerskool Wesbank wag vir hul aflosbeurt.