OUDTSHOORN NUUS - Die SA jeugfietsrykampioenskappe begin amptelik vandag (Donderdag) in Oudtshoorn en sluit fietsryers van al nege provinsies in.
Die kampioenskappe vorm ook deel van die jaarlikse sportfees wat jaarliks aangebied word deur die Oudtshoorn-munisipaliteit, in samewerking met die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport (DKS), die Oudtshoorn-sportraad en die Eden-sportraad se provinsiale, en streeksportfederasie.
Volgens Corné Bence, is hierdie die 14de keer wat dit aangebied word en lok dit ongeveer 250 fietsryers na die dorp.
Die program begin Donderdag en eindig Sondag.
Lees meer in die week se uitgawe van die Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’