OUDTSHOORN NUUS - Die SA gesiggestremde rolbaltoernooi word van 26 Mei tot 2 Julie by die Oudtshoorn-rolbalklub aangebied.
Gertjie Bekker, president van die klub, het Woensdag gesê: "Dis 'n groot eer vir die klub om gasheer vir die nasionale toernooi te speel. Dis net 'n bewys dat Oudtshoorn nasionale toernooie in bykans alle sportkodes kan aanbied."
Veertig spelers sal van oor die land op Oudtshoorn saamtrek om aan die toernooi deel te neem. Bekker sê ongeveer 100 mense sal deel uitmaak van die kampioenskap, as die afrigters en hulpbeamptes bygetel word.
Van die spelers is heeltemal blind.
Bekker het almal genooi om die spelers te kom ondersteun.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'