OUDTSHOORN NUUS - Fietsry SA se jeugfees fietsrykampioenskap is oor vier dae in Oudtshoorn aangebied. Dit vorm deel van die Oudtshoorn-sportfees.
Die kampioenskap is Maandagoggend amptelik by Highgate-volstruisplaas deur Anroux Marais die Wes-Kaapse minister van sport en kultuur geopen.
Sy het die 263 deelnemers gevra om elke oomblik van die verskillende renne te geniet.
Spanne van Eden, OP, Vrystaat, Boland, Weskus, KZN, Gauteng en die Kaapse Wynlande het deelgeneem.
Maandag het die fietsryfees met padrenne en tydtoetse begin. Dinsdag is criterium-renne in Bridgton aangebied, gevolg deur Woensdag se veldrenne.
Na die veldrenne is twee Hybrid Track-renne Woensdag en Donderdag op die Oudtshoorn-ovaalbaan aangebied.
Die volledige uitslae word vandag, Vrydag 29 Junie bekend gemaak. Die Oudtshoorn Courant plaas die uitslae in sy volgende uitgawe.
Corné Bence (Wes-Kaapse fietsrypresident), Anroux Marais (Wes-Kaapse minister van sport en kultuur) en Colan Sylvester (uitvoerende burgemeester) Maandagoggend by die fietsryers, net voor die wegspring. Foto's: Christo Vermaak
Maandag het die fietsryfees met padrenne en tydtoetse begin.
Die kampioenskap is Maandagoggend amptelik by Highgate-volstruisplaas deur Anroux Marais die Wes-Kaapse minister van sport en kultuur geopen.
Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'