Gallery
OUDTSHOORN ROLBALNUUS - Die Oudtshoorn-rolbalklub het Saterdag uit sy nate gebars met 38 spanne wat aan die jaarlikse Oudtshoorn-Trips-dag deelgeneem het.
Spanne het nie net van omliggende klubs gekom nie, maar ook van so ver as Agulhas, Carnarvon, Kraaifontein, Hermanus, Parow en Beaufort-Wes.
Spel het reeds om 08:00 begin en tot na 16:00 geduur.
FOTOGALERY: Oudtshoorn-Trips-dag lok talle
Die wenspan was Andries Janse van Rensburg, Dries du Plessis en Colleen Piket van die Outeniqua-rolbalklub in George. Piket is ook 'n Protea-rolbalspeler. Die span van Ferdie Nel van Mosselbaai was in die tweede plek met Jaco Esterhuizen se span van Beaufort-Wes in die derde plek.
Die eerste 11 spanne het pryse ontvang. Die jongste speler van die dag was die 10 jarige Inge Geldenhuys.
Die Trip-dag is 'n jaarlikse instelling op Oudtshoorn en is vanjaar deur Liquor City en Food Lovers Market geborg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'