ROLBAL NUUS - Die Oudtshoorn-rolbalbaan was verlede Vrydag 'n miernes van bedrywighede weens die rolbaltrips-toernooi wat plaasgevind het.
Die toernooi, wat oor twee dae (Vrydag en Saterdag) gespeel is, vorm deel van die Oudtshoorn-sportfees wat tans aan die gang is.
Sowat 14 rolbalspanne vanaf Ladismith, Beaufort-Wes, George-rolbalklub, Outeniqua-rolbalklub, Hartenbos, Mosselbaai, Oakdale-rolbalklub, Bellville, Old Oak-rolbalklub, Bellville, Riversdal, Stilbaai, Swellendam en Oudtshoorn-rolbalklub het almal aangetree om te kom meeding.
Vanjaar se borge vir die toernooi het Oudtshoorn-munisipaliteit, Timbercity, PG Glass, Jolana-groentemark en Greg Young ingesluit.
Die rolbalbaan het gewemel van spelers. Foto: Wyndham Ewerts
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’