Gallery
SPORTNUUS - Die jaarlikse Dust4Glory hindernis-wedloop wat by Wilgewandel gehou word het Saterdag 21 Oktober honderde deelnemers van so ver as die Kaap na Oudtshoorn gebring om in die moeilike reënweer hierdie immergewilde wedloop aan te pak.
Deelnemers en ondersteuners het deur die reën die dag geniet en toegekyk hoe vier verskillende afdelings voltooi word.
FOTOGALERY: Dust4Glory hindernis-wedloop
Wilgewandel-vakansie-plaas, op die grottepad, het die hinderniswedren vir die vierde keer aangebied.
Daar was onder andere waterhindernisse, klimhindernisse en dele waar deelnemers moes hardloop.
Op party plekke moes waaghalsiges selfs deur modder kruip, deur heup-diepte stroompies loop, en by 'n hoë stellasie afspring in 'n waterpoel wat vir baie angs gesorg het.
Die uitslae van die verskeie items was as volg:
D4G Pro
Mans
- Glen Addicott
- WP Wessels
- Daniel Hughes
Vroue
- Claire Denton
- Esther van der Merwe
- Teresa Lombard
D4G Medium
Mans
- Jacques Berry
- Ethan Voigt
- Ruevan Beukman
Vroue
- Sandra Marais
- Carina Marais
- Jo-Mari van der Mescht
D4G Korporatiewe spanne
- Team Joy: Stephan van der Merwe, Nakkie van der Merwe, Marné van der Merwe en Anja van der Merwe
- Missie Onmoontlik: Jan-Hendrik Ebersohn, Driekus Fourie, Yvonne Fourie en Daniel Watney
- Bridge Machine: Simoné Bown, Abigail Murphy en Tatiana Kent
D4G Hoërskoolspan
- Drian Harteveld (Wit-blits)
- Lochner Pretorius (Wit-blits)
- Edrich Schoeman (Wit-blits)
Hierdie hindernis was baie moeilik. Foto: Charl Gerber Sports Photography
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’