OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die Red Stone fietsry- en veldwedloop-naweek het weer vanjaar op Kruisrivier op Redstone Holiday Farm plaasgevind.
Soos gewoonlik was ryers en hardlopers opgewonde oor die asemrowende roetes wat uit skoon geskraapte grondpaaie bestaan het.
Deelnemers van sover as Port Elizabeth, Kaapstad en Stilbaai het deelgeneem.
'n Nuwe vir 2020 was dat daar ook 'n 20 km-perderit was, wat bygedra het tot groot entoesiasme onder deelnemers aan al drie dissiplines.
Alhoewel almal die dag en deelname terdeë geniet het, is die byeenkoms deur streng toepassing van Covid-19-vereistes en voorwaardes gekenmerk.
Plaaslike atlete soos Francois Maquassa, Teresa Bester, Louis Visser, Bea Strydom en Jackie Davidoff het hul onderskeie items gewen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'