OUDTSHOORN SPORTNUUS - Twee karatekas van die Jikkaido-karateklub, Sheree Samson en Sarah-Jane Lewis, het Protea-kleure verwerf na afloop van verlede naweek se SA karatekampioenskappe wat in Durban plaasgevind het.
Tydens dié kampioenskappe het nog lede van die klub, Daetania de Laan (goud), Sue-Alice Gysman (brons) en Luciana Constable (silwer) medaljes ingepalm.
Die klub berei tans vir die vroueliga-karatebyeenkoms, wat op 20 September in die Oos-Kaap plaasvind, voor.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'