OUDTSHOORN NUUS - Die Pool Junkies van George het Saterdag 24 Maart se Black Ball Infanterieskool-potspelkompetisie gewen.
Hulle het die Weermag se A-span in die halfeindstryd en die B-span in die eindstryd geklop. Die span van Wicit Sports Pub het in die ander halfeindstryd teen Weermag B verloor.
Mense wat meer oor die sportsoort wil leer of 'n nuwe klub op die been wil bring kan vir Marius Booysen by die Infanterieskool skakel by 075 966 6682.
Die span van Wicit Sports Pub.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'