OUDTSHOORN NUUS - Vyf lede van die Oudtshoorn-pluimbalklub is gekies om van 21 tot 28 Oktober aan die SA Woodroffe-pluimbalkampioenskappe in Alberton, Gauteng, deel te neem.
Die spelers is Marius van Huysteen, Adon Malgas, Enrico Petersen, Melissa van Rooyen en Chanell Möller.
Nog 'n speler van die klub Rolina Lerm, is gekies om vir die Kaapse Wynlande-span van 4 tot 10 November in die SA Diamand Arende-toernooi in Kimberley te speel.
Van links is Marius van Huysteen, Enrico Petersen, Rolina Lerm en Adon Malgas.
ARTIKEL & FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'