Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Negentien judo studente van Franken Primêreskool in Herold en twee van George, het aan die nasionale klassifiseringskamioenskap by die Feather Market Convension Centre in Port Elizabeth deelgeneem.
Click here for a photo gallery.
Volgens sensei Lilian Steyn, die span se afrigter, kom die beste SA judostudente tydens die byeenkoms teen mekaar te staan.
Die span het met ses goue, vier silwer- en vier bronsmedaljes teruggekeer.
Die uitslae is:
- Steven Steyn (goud),
- Muneebah Ruiters (goud),
- Elaine Pieterse (goud),
- Mishayla Plaatjies (goud),
- Otto van Eeden (silwer),
- Aluncendo Magontolo (silwer),
- Jeandre Buys (silwer),
- Heydrin Heyns (silwer),
- Delcon Hendriks (brons),
- Duwayne Saptouw (brons),
- Quinton Jansen (brons),
- Shantell Jansen (brons),
- Raydon Ruiters (goud) en
- Sergio-Tiano Lukas (goud).
Die span is vergesel van spanbestuurder, Andrew Erasmus, Jaqueline Boesak, Shemoira Bruiners, Andrea Ruiters en sensei Lilian Steyn.
Die kampioenskappe was die eerste van vier toernooie vir die jaar, waar deelnemers punte bymekaar maak vir moontlike opname in die nasionale span.
Die volgende toernooi vind op 12 Mei in Gauteng plaas.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'