OUDTSHOORN NUUS - Altesaam 25 lede van die Grebe’s skopboksklub op Oudtshoorn het 26 Januarie in George aan die SAKA Eden-skopbokskampioenskappe deelgeneem. Die groep het uitstekend gevaar met 18 lede van die groep wat in die Eden-skopboksspan opgeneem is.
Hulle sal 23 Maart aan die Wes-Kaapse kampioenskappe in Saldanha meeding.
Volgens Ranger Grebe, afrigter van dié skopboksers, is daar ook 14 lede van die klub wat kwalifiseer het vir deelname aan die SAKA SA skopbokskampioenskappe wat van 26 tot 27 April op Oudtshoorn aangebied sal word.
Altesaam 25 lede van die Grebe’s skopboksklub op Oudtshoorn het 26 Januarie in George aan die SAKA Eden-skopbokskampioenskappe deelgeneem.
Skopboksers se uitslae:
- Anando Olivier (twee goues)
- Divan Rademeyer (twee goues)
- Ben Greeff (twee goues)
- Megan Grebe (twee goues)
- Jacquine Strydom Cassara (twee goues)
- Dirk-Harold Mostert (goud)
- Jaco Pretorius (goud en silwer)
- Samantha Minnie (goud en silwer)
- Jenovin Fortuin (goud en silwer)
- Audan Olivier (goud en brons)Dane September (silwer en brons)
- Wian Grebe (silwer en brons)
- Righardt van den Berg (silwer en brons)
- Jayden Du Plessis (silwer en brons)
- Maarten Krüger (silwer)
- Michelle Minnie (twee silwer)
- Louis Luyt (silwer)
- Divan de Wet (silwer)Connor September (twee brons)
- Simon Greeff (twee brons)
- Frikkie Pretorius (twee brons)
- Mario Cassara (brons)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'