Net minder as 500 fietsryers het ingeskryf vir die 30 km, 57 km en 104 km afstande van die wedren.
Die wedren se gewildheid neem nie slegs toe as gevolg van die uitstekende organisasie en natuurskoon van die roete nie, maar ook omdat dit amptelik dien as 'n bepalende wedren vir wegspringtye van die Cape Argus-fietsren wat voortaan as die Cape Town Cycle Tour bekend staan.
Deelnemers en besoekers is dit elke jaar eens dat die organiseerders van die Pennypinchers GOK-fietsren uit hul pad gaan om dit 'n veilige wedren te maak, met beamptes op die pad en by aansluiting van sypaaie.

Die Wes-Kaapse minister van finansies, dr. Ivan Meyer (geel trui), wag om weg te spring op die 30 km deel van Sondag se Pennypinchers GOK-fietswedren. Foto: Liezl van Niekerk.

By die wegspring
Marchall Hendricks wat sommer uit die staanspoor onder die voorstes was het die 57 km-wedren vir mans o.23 gewen. Foto: Jo-Marie de Kock.
Klik hier vir 'n fotogalery.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'